Konstitusionele Hof sê Vrydag oor Zuma-tronkstraf

In die buurland sal die Konstitusionele Hof môreoggend uitspraak lewer oor oudpresident Jacob Zuma se skuldigbevinding en vonnis weens minagting van die hof. Zuma se regspan voer aan niemand mag volgens die internasionale VN-verdrag oor burgerlike en politieke regte, en die Suid-Afrikaanse Grondwet, sonder ‘n verhoor aangehou word nie. Hulle sê op daardie grondslag moet die hof sy beslissing van 29 Junie ter syde stel en Zuma moes uit die Estcourt-tronk in KwaZulu-Natal vrygelaat word waar hy begin het om sy vonnis van 15 maande uit te dien. Hy is onlangs op mediese parool vrygelaat.