Kaasptad en Johannesburg is van die rykste stede

Kaapstad en Johannesburg tel onder die vyf rykste stede in die Midde-Ooste en Afrika. Dit is volgens die jongste verslag van New World Wealth, ’n firma wat navorsing oor die rykste mense in 150 stede in 90 lande oor die wêreld heen doen. New York, San Francisco, Tokio, Londen en Beijing is in daardie volgorde die rykste stede ter wêreld, volgens New World Wealth se jongste verslag wat op grond van die jongste beskikbare syfers teen Junie vanjaar opgestel is.