Konstitusionele Hof bevind Uitvoerende Etiese Kode is ongrondwetlik

Die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika het beslis die Uitvoerende Etiese Kode is ongrondwetlik, onwettig en ongeldig. AmaBhungane het die aansoek gebring in ‘n poging om mededingers in politieke partye te dwing om te verklaar wie hul veldtogte met skenkings ondersteun. President Cyril Ramaphosa se CR17-veldtogbefondsing het onder die vergrootglas gekom oor wie in 2017 skenkings aan hom gemaak het. Regter Steven Majiedt het die uitspraak oor die aangeleentheid gelewer en daar is beslis die kode is strydig met die Grondwet.