Konsessieregte vir trein by Sossusvlei gekanselleer 

Namibiese toeriseminister Pohamba Shifeta het ingestem om die konsessieregte wat hy aan ‘n plaaslike toerismemaatskappy verleen het om ‘n passasierstrein binne Sossusvlei in die Namib-Naukluft Nasionale Park te bou en te bedryf, te kanselleer. Sky Eye Tours and Hospitality wat deur die sakeman Laban Kandume besit word, het weens finansiële redes besluit om nie met die omstrede projek voort te gaan nie. Hoërhofregter Herman Oosthuizen het ingevolge die ooreenkoms wat die partye bereik het, beveel dat die konsessieregte wat op 19 Maart 2020 aan Sky Eye Tours and Hospitality toegeken is, gekanselleer is. ‘n Namibiese toergids, Joseph Kafunda, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar is groter uitdagings in die toerismesektor.