Veediefstal-verdagte met karkasse in sy besit betrap

Die Windhoek Stadspolisie het deur intelligensie-geleide polisieveldtog ‘n verdagte in ‘n veediefstal-sindikaat in hegtenis geneem. Die sindikaat is bedrywig in die omgewing van die Groot Aub-nedersetting suid van Windhoek. Die 39-jarige verdagte is in Windhoek betrap met bevrore karkasse ter waarde van 25 000 Namibiese dollar. ‘n Springbok-karkas is in sy vrieskas gevind wat vermoedelik die gevolg is van wildstropery. Veediefstal en wildstropery is ‘n bron van kommer vir boere in die Groot Aub-omgewing en omliggende plase. Boere word aangeraai om te verseker dat hul vee sigbare oorplaatjies het vir identifikasiedoeleindes.