Koningin sal nie by CoP26 wees nie

Buckingham Paleis het bevestig dat koningin Elizabeth sal nie na Glasgow reis om by die CoP26 omgewingsberaad te praat nie. Die 95-jarige koningin se dokters het aanbeveel sy rus nadat sy verlede week ‘n nag in die hospitaal deurgebring en mediese toetse ondergaan het. Die Paleis sê die koningin is teleurgesteld dat sy nie persoonlik daar kan wees nie, maar sy het vooraf ‘n videoboodskap opgeneem waarin sy die afgevaardigdes toespreek.