Klimaat: op hierdie trant, maak ons dit nie

Die sekretaris-generaal van die Verenigde Nasies, António Guterres, sê die wêreld is beslis op pad na ‘n wêreldwye temperatuurstyging van sowat 2,7 grade Celsius. Die VN se jongste verslag oor vrystellinggapings sê die nasionale planne om koolstof te beperk, is hopeloos te min om gevaarlike klimaatsverandering te keer. Plaaslik sal die impak massief wees met voorspellings dat ‘n groot deel van die land se beesproduksie nie meer moontlik sal wees nie en ook dat boere in die noorde nie meer mahangu sal kan plant nie. Guterres sê as daar oor die volgende dekade nie ‘n aansienlike beperking van vrystellings is nie, is die moontlikheid om 1,5 grade te bereik, vir altyd verlore: