Koningin maak eensame figuur uit by Philip se begrafnis

Prins Philip van Brittanje se begrafnis het wydlopende internasionale media dekking geniet. Sommige van die groot internasionale TV-kanale het die verrigtinge deurlopend regstreeks uitgesaai. Koningin Elizabeth het na ‘n huwelik van 72 jaar alleen in die kapel van die Windsor-kasteel tydens die roudiens gesit. Weens Covid-19 het net 30 begrafnisgangers die geleentheid bygewoon wat veral familielede was.