Malaria-entstof word getoets

Navorsers van die Jenner-instituut in Brittanje begin later die maand om ‘n entstof teen malaria te toets. Dit is dieselfde groep navorsers wat die Oxford Covid-19 entstof ontwikkel het. Die malaria-entstof sal oor ‘n tydperk van 2 jaar in Afrikalande getoets word. Malaria-behandelings in Namibië is volgens kundiges op die oomblik ‘n uitdaging in die lig van die Covid-19 pandemie. Dr Richard Kamwi, Stigter van die Elimineer Malaria Veldtog, voel hulpbronne word meestal gebruik vir Covid-19 strategieë. Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie gaan lande in Afrika gebuk onder ‘n groot persentasie van die globale las van malaria. In 2019 het die kontinent 94 persent van alle malaria-gevalle wêreldwyd verteenwoordig.