Geingob bespreek verskeie kwessies met Nguesso

Staatshuis het meer besonderhede bekendgemaak oor president Hage Geingob se besoek aan Kongo Brazzaville vir die inhuldiging van President Denis Sassou Nguesso. Die President en mev. Geingos het die land Vrydag besoek. Volgens die Presidensiële Woordvoerder, Alfredo Hengari het dit die geleentheid geskep vir die staatshoof om wydlopende aspekte van die verhoudinge tussen die twee lande en ander relevante kwessies te bespreek. President Geingob het tydens die besoek ook met ander leiers beraadslaag.