Seekatplaas: Dubbele standaarde?

‘n Maatskappy in Spanje beplan om die wêreld se eerste kommersiële seekatplaas in die hawe van Las Palmas in die Kanariese eilande te begin. Nuus van die onderneming is met afgryse deur die wetenskaplike gemeenskap en dierewelsynsaktiviste begroet. Hulle sê die feit dat seekatte ongelooflik intelligente diere is, is nou algemene kennis. Die Netflix-dokumentêre rolprent en Oscar-wenner van Suid-Afrika, My Octopus Teacher wat aan die Kaapstadse kus geskiet is en die roerende vriendskap tussen ‘n rolprentmaker en die koppotige uitbeeld, beklemtoon die intelligensie van die ongewerwelde seedier. Dit het groot reaksie uitgelok omdat varke, bees, skaap, bokke en hoenders ook baie intelligent is en beskik aan die vermoë om liefde te betoon en verhoudings met mense te bou.