Koningin Elizabeth is onder mediese toesig

Koningin Elizabeth is onder mediese toesig nadat dokters bekommerd geraak het oor haar gesondheid, het Buckingham-paleis vandag onthul, terwyl prins Charles, Camilla en prins William na Balmoral gehaas het om by haar te wees. Volgens die jongste berigte is haar kleinseun Harry en sy vrou Meghan ook op pad na Balmoral. Daar is toenemende vrese vir die monarg se welstand. ‘n Koninklike woordvoerder het gesê na verdere evaluering vanoggend, is die koningin se dokters bekommerd oor Haar Majesteit se gesondheid en het hulle aanbeveel dat sy onder mediese toesig bly.