Eskom: Fase 2-beurtkrag sal deurnag voortduur

Eskom het aangekondig fase 2-beurtkrag sal deurnag voortduur en nie teen 10-uur vanaand eindig soos vroeër aangedui nie. Die woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê fase 2-beurtkrag sal dan môre en Saterdag van vyf-uur soggens tot tien-uur saans geld. Hy sê meer as 15 000 megawatt krag is weens ineenstortings nie beskikbaar nie.