Koningin Elizabeth het haar belofte gestand gedoen om nasie te dien

Die aartsbiskop van Kantelberg, Justin Welby, sê koningin Elizabeth II het haar belofte gestand gedoen om haar nasie tot aan die einde te dien. Hy het met wêreldleiers en koninklikes van regoor die wêreld gepraat toe hulle ‘n laaste afskeid geneem het by die Westminster-abdy. Aartsbiskop Welby het ook haar majesteit se toewyding aan God beklemtoon.