DA soek antwoorde oor geskorste uitvoerende hoof van hospitaal

Die DA in Gauteng sê die provinsiale departement van gesondheid het valslik ontken die geskorste uitvoerende hoof van die Tembisa-hospitaal, Ashley Mthunzi, is verlede jaar as die uitvoerende hoof aangestel terwyl hy teregstaan op ‘n dissiplinêre aanklag. Volgens ʼn woordvoerder van die DA, Jack Bloom, het die LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, in Junie vanjaar in ‘n skriftelike antwoord op sy vrae ontken Mthunzi is skuldig bevind op ‘n aanklag van wangedrag.