Premier Sokkerliga bevestig MTN8-halfeindwedstryde

Sokker: Die Premier Sokkerliga het die datums en plekke vir die MTN8-halfeindwedstryde bevestig. Orlando Pirates en Mamelodi Sundowns begin op 1 Oktober op die Orlando-stadion. Die volgende dag sal Kaizer Chiefs gasheer wees vir AmaZulu op die FNB-stadion. Die wedstryde in die tweede ronde sal op 22 en 23 Oktober gespeel word. Die verdedigende kampioen, Mamelodi Sundowns speel teen die driemalige kampioen, Orlando Pirates op die Peter Mokaba-stadion en AmaZulu speel tuis teen Kaizer Chiefs op die Moses Mabhida-stadion.