William kry titel van Prins van Wallis

Koning Charles III het soos dit ‘n koning betaam die leisels stewig vasgevat en die gemoed van sy nasie in sy eerste toespraak as staatshoof vasgevang. Hy het in ‘n verrassende aankondiging sy oudste seun prins William oombliklik die titel gegee van Prins van Wallis – die titel wat langer as 50 jaar Charles s’n was. Hy het ook ‘n versoenende olyftak uitgehou na prins Harry en sy vrou Meghan deur sy liefde aan hulle oor te dra waar hulle oorsee aan hul lewens bou.