Hof beslis openbare beskermer se skorsing is ongeldig

Die Wes-Kaapse hooggeregshof het beslis die besluit om die openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane te skors, is nie geldig nie. President Cyril Ramaphosa het Mkhwebane geskors hangende die uitkoms van die parlementêre ondersoek waarin sy in ‘n staat van beskuldiging geplaas kan word weens wangedrag. Haar regverteenwoordiger, Dali Mpofu, het die Artikel 194-ondersoek ingelig oor die beslissing, maar volgens die Grondwet is ‘n bevinding van ongeldigheid nie van krag voordat dit deur die Konstitusionele Hof bevestig is nie. Die uitspraak sal geen onmiddellike uitwerk hê op haar skorsing nie.