Blitsbokke skop Kaapstad Sewes op hoë noot af

Rugby: Die Springbok-Sewes het hulle aanslag op die Wêreldbeker op ‘n hoë noot begin en Chile met 32-5 in die rondte van 16 in die Kaapstadse stadion pak gegee. Die unieke aard van die kompetisie beteken die Blitsbokke kom vanaand teen Ierland in die kwarteindronde te staan. In die ander kwarteindronde-wedstryde meet Nieu-Zeeland kragte met Argentinië, Frankryk pak Australië en Samoa speel teen Fidji. In die vroue-afdeling was Suid-Afrika eenvoudig nie opgewasse teen Frankryk nie. Die Franse vroue het ‘n gemaklike oorwinning van 29-0 behaal. Die Suid-Afrikaners speel vandag in die kwarteindronde van die Uitdaagkompetisie teen Japan.