Chinese stede steier onder vol hospitaalsale

Chinese stede ervaar landwyd stygende Covid-infeksievlakke, vol hospitaalsale en agterstande by krematoriums en begrafnisondernemings. As uitgelekte data korrek is, is byna 250 miljoen mense in China moontlik die eerste 20 dae van Desember met die Covid-virus besmet. Dit is volgens ‘n interne skatting van die land se top-gesondheidsamptenare. As dié syfers korrek is, behels dit sowat 18 persent van China se bevolking van 1,4 miljard mense en sal dit die grootste Covid-uitbreking tot nog toe wêreldwyd verteenwoordig. Volgens ‘n senior gesondheidsamptenaar word ‘n halfmiljoen mense per dag met Covid besmet net in die Chinese stad Qindao met ‘n bevolking van tien miljoen mense.