Eskom: Fase 4-beurtkrag tot Maandagoggend

Eskom het fase vier-beurtkrag tot vyfuur Maandagoggend aangekondig. Die kragverskaffer kon nie die nood-opwekkingsreserwes aanvul nie, wat die huidige opwekkings-beperkings weens nóg onklaar eenhede oornag, vererger het. Eskom se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hulle móét noodreserwes aanvul om beurtkrag tot laer fases in die week te beperk.