Koning Charles besoek Duitsland

Koning Charles van Brittanje vertrek vandag na Duitsland op sy eerste amptelike buitelandse besoek sedert hy koning geword het. Hy sal vir drie dae in Duitsland wees waar hy onder andere die hoofstad Berlyn, die deelstaat Brandenburg en die stad Hamburg sal besoek. Die doel van sy besoek is oorwegend om betrekkinge te verstewig ná Brexit. Kwessies van gemeenskaplike belang sluit in die omgewing en klimaatsverandering.