Sokker: SA-skeidsregter gereed vir vroue-toernooi

Sokker: Die wêreld-beheerliggaam Fifa het die Suid-Afrikaner Akhona Makalima aangestel as ‘n skeidsregter in vanjaar se Wêreldbeker-toernooi vir vroue in Australië en Nieu-Seeland. Sy het geskiedenis gemaak as die eerste gesertifiseerde vroulike sokker-skeidsregter in Suid-Afrika. Makalima het gepraat oor haar reis na die Wêreldbeker-toernooi. Sy sê dit het harde werk geverg, en het meer vroue aangemoedig om aan die sport deel te neem.