Acsa: Lughawens sal nie brandstoftekorte hê  

Die Lughawens-maatskappy Suid-Afrika verwelkom die nuus van bykomende lugrederye wat van die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng gebruik maak vir plaaslike, streeks- en internasionale vlugte. Die streeks-hoofbestuurder, Jabulani Khambule, sê die maatskappy beoog om die uitbreiding van die lughawe se vrag-eindpuntgeboue binne vyf jaar te voltooi. Hy sê ’n forum is geskep om veiligheidskwessies te hanteer. Khambule sê lugdienste sal nie deur brandstof-tekorte geraak word na die onttrekking van die Britse olie- en gasmaatskappy, BP nie.