Dlamini-Zuma kan nie in beheer van noodtoestand wees nie – DA

Die DA het ‘n voorstel van die ANC se nasionale uitvoerende komitee verwerp dat die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, die nasionale ramptoestand oor beurtkrag lei indien dit ingestel sou word. Die voorstel het na wat berig word tydens die ANC-NUK se lekgotla ter sprake gekom. Kevin Mileham van die DA sê, Dlamini-Zuma het haar mag in 2020 misbruik toe ‘n ramptoestand oor Covid-19 afgekondig is, en sy sal dit weer doen: