Kongolese smokkel ivoor, skubbe, renosterhoring na die VSA

Twee Kongolese, wat vroeër in die Verenigde State gearresteer is en deur ‘n federale jurie aangekla is, het skuldig gepleit op die handel in ivoor en witrenosterhoring van die Demokratiese Republiek van die Kongo na Seattle. Herdade Lokua, 34, en Jospin Mujangi, 32 van Kinshasa, is in November verlede jaar buite Seattle gearresteer. Toe hulle skuld beken het, het albei erken dat hulle vanaf November 2019 ingestem het om ivoor, witrenosterhoring en ietermagô-skubbe na die Verenigde State te smokkel Hulle het saam met ‘n middelman gewerk om die verkope te onderhandel en invoere na Seattle te koördineer. Die twee het 22 kilogram se onwettige diereprodukte by hulle gehad.