Landbou bly van kritiese belang vir armoede verligting

Die Malawiese politikus, Ishmael Ndaila Onani, sê alhoewel landbou een van die belangrikste ekonomiese sektore is wat aansienlik bydra tot die BBP en armoede-vermindering in die streek, is beleggings in die landbousektor laag. Onani het hierdie stelling gemaak terwyl hy tydens die SAOG Parlementêre Forum gepraat het. Jona Musheko, die Namibiese landbouministerie se skakelbeampte stem saam met Onani.