Polisie vra publiek se hulp met vastrek van Thomas-moordenaars

Hoofinspekteur Ileni Shapumba van die Erongo-streek het gesê niemand is nog in verband met die die moord op die bejaarde afgetrede polisiebeampte, Karel Thomas, op Hentiesbaai, in hegtenis geneem nie. Thomas, in sy tagtigs, is glo Sondag deur drie vreemde mans met ‘n hamer en hark aangeval. ‘n Bewustelose Thomas is gister gevind en per ambulans na die Cottage Private Hospitaal op Swakopmund geneem, maar hy het laasnag aan sy beserings beswyk. Shapumba het op Kosmos 94.1 Nuus ‘n beroep op die publiek gedoen om te help om die moordenaars aan te keer