Konferensie oor ontwikkeling in mineraal-bedryf kom

‘n Konferensie oor die Volhoubare Ontwikkeling in die Minerale-bedryf, die 10de van ‘n reeks konferensies wat ten doel het om die globale mynbou- en minerale industrieë by te staan in hul oorgang na volhoubare ontwikkeling, sal van 15 tot 20 September in Windhoek plaasvind. Die tema van die konferensie is “Making Economies Great through Sustainable Mineral Development” en word deur die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie aangebied met die Namibiese minister van myne Tom Alweendo as die gasspreker. Professor Harmony Musiyarira praat met Kosmos 94.1 Nuus.