Oekraïne sê hy het Krim aangeval

Oekraïne se top-militêre hoof het verantwoordelikheid aanvaar vir ‘n reeks aanvalle op Russiese lugmagbasisse in die geannekseerde Krim-skiereiland. Een van die aanvalle verlede maand was op Moskou se Saky-militêre basis en minstens een persoon is dood. Valeriy Zaluzhnyi sê die aanvalle was daarop gemik om Rusland se algehele militêre selfvertroue en sin van straffeloosheid uit te daag. Hy sê die aanvalle was ook deel van ‘n doelbewuste reaksie op Rusland se pogings om afstand te skep tussen sy eie burgerlikes en die konflik.