Kondig noodtoestand aan – SA-aktivis

Die ANC-regering word versoek om ‘n noodtoestand af te kondig te midde van die voortslepende onrus in die buurland. Die gewelddadige optrede rondom die inhegtenisname van voormalige president Jacob Zuma in KwaZulu-Natal het ook na Gauteng versprei. Onderwys-aktivis Hendrick Makaneta het die Nasionale Vergadering versoek om tussenbeide te tree en te doen wat nodig is om orde in die land te herstel. Makaneta sê die protesaksie bedreig die lewens van gewone burgers en leerders en hulle reg om ‘n bestaan te maak: