IPPR bevraagteken een inentingslokaal

Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het sy kommer uitgespreek oor die aankondiging van een perseel vir inentings in die Khomas-streek. Die Namibiese gesondheidsministerie sê alle inentings in die Khomas-streek sal alleenlik by die Katutura verpleërsaal plaasvind. Volgens die ministerie sluit dit beide eerste en tweede spuite vir altwee entstowwe in. Die instituut bevraagteken die besluit en sê as lede van die publiek so saamdrom kan dit net ‘n nuwe brandpunt van infeksies word.