Kom maatreëls na dat ons infeksies onder beheer kan kry

Die nie-nakoming van Covid-19-regulasies bly steeds ‘n groot uitdaging vir Namibiese polisiebeamptes. Volgens die streekskommissaris van Khomas, Ismael Basson, wil mense nie die Covid-19-regulasies nakom nie, wat dit moeilik maak om die stryd teen die pandemie te wen. Kommissaris Basson het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.