Guwisa geskok oor landwye rampspoedige watersituasie

Die vakbond Giwusa het sy skok uitgespreek oor die rampspoedige water-situasie wat regoor die land ontwikkel. Dit word beklemtoon deur die voortdurende krisis wat Rand Water en Johannesburg Water veroorsaak in die nasleep van volgehoue Eskom-kragonderbrekings. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, doen ‘n beroep op Suid-Afrikaners om te verenig, te organiseer en terug te veg teen die waterkrisis. Volgens Sebei is kapitalistiese vyande van plan om die land se infrastruktuur te plunder en in ‘n vervalle toestand te laat.