Kommer oor Zim se welstand na 2020-inperkings weer ingestel is

Regtegroepe in Zimbawe is bekommerd oor weerlose groepe nadat owerhede nuwe, streng Covid-inperkingsmaatreëls ingestel het. Die beperkings volg nadat Zimbabwe se infeksies die afgelope week verdubbel het. Monica Mutsvangwa, Zimbabwe se inligtingsminister het gesê die onlangse styging in Covid-gevalle, het owerhede gedwing om strenger maatreëls in te stel. Eddie Cross, ‘n ekonoom in Zimbabwe gesels met Kosmos 94.1 Nuus.