Pastoor pleit vandag in verkragtingsaak

Die verkragtingsaak teen pastoor Joe Diergaardt, voorheen van die Rynse Evangeliese Lutherse Kerk, duur vandag in die Windhoek-landdroshof in Katutura voort. Volgens Diergaardt se regsverteenwoordiger, Garth Joseph, sal hy ‘n voorlopige pleitverduideliking by die hof indien. Na verwagting sal die saak ook na ‘n hoër hof, die streekshof of die hoërhof, verskuif word. Diergaardt staan tereg op klagte van die verkragting van vier minderjarige seuns. Volgens Joseph sal sy kliënt onskuldig pleit.