ANC-regering probeer ook hard om munisipale rekenings te betaal

Nes in Namibië, sukkel die ANC-regering om op hoogte van munisipale betalings te bly. Die buurland se Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur sê hy streef altyd daarna om betalings aan munisipaliteite wat dienste aan staatsgeboue verskaf, op tyd te doen. Die Departement het vanuit die altesaam 257 munisipaliteite, ouderdomsontledings-verslae ontvang vanaf 210 munisipaliteite waar dienste gelewer word. Die departement se woordvoerder, Zara Nicholson, sê die departement het onlangs munisipaliteite betrek, wat gelei het tot verifikasies en ‘n bevestigde bedrag van 83,3 miljoen Suid-Afrikaanse rand wat aan munisipaliteite verskuldig is vir munisipale dienste gelewer en eiendomsbelasting: