Kommer oor toenemende skietvoorvalle in Gauteng

Die DA in Gauteng is bekommerd oor ‘n skerp toename in noodlottige skietvoorvalle in verskeie gebiede in die provinsie. Die polisie het vanaf Augustus tot op hede 51 voorvalle in hierdie gebiede aangeteken. Die DA sê indien die polisie weer inwoners se vertroue wil herwin, moet ‘n geïntegreerde plan ingestel word. Crezane Bosch van die party sê dit sal help om aandag te gee aan bende-bedrywighede en die zama-zama’s sodat inwoners nie die reg in eie hande neem nie: