Ebola brei verder uit in Uganda

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het bevestig dat 29 Ugandese aan Ebola gesterf het. Die organisasie sê 63 bevestigde en waarskynlike gevalle is tot dusver aangemeld. Die direkteur-generaal van die WGO, Tedros Adhanom Ghebreyesus, het op ‘n nuuskonferensie in Genève gesê die entstowwe wat gebruik word om onlangse uitbrekings in die Demokratiese Republiek van die Kongo te bekamp, is nie doeltreffend teen die soort Ebola-virus wat in Uganda voorkom nie. Ghebreyesus sê 35 miljoen Namibiese dollar is uit sy gebeurlikheidsfonds beskikbaar gestel vir noodgevalle om die ministerie van Gesondheid te ondersteun met bykomende spesialiste, voorraad en hulpbronne.