Onwettige sigarette: Daar moet dringend opgetree word in SA

Justice SA waarsku dat daar dringend opgetree moet word teen onwettige sigarethandel op nywerheidskaal wat die land jaarliks van noodsaaklike belasting-inkomste van 19 miljard Suid-Afrikaanse rand beroof. Die organisasie se woordvoerder, Yusuf Abramjee, sê die staat se bevriesing van Zimbabwe se Gold Leaf Tobacco Corporation se bates is net ‘n enkele oorwinning in die stryd teen hierdie misdadigers. Hy sê vegters teen korrupsie moet waak teen oorgerustheid in die stryd teen die land se ongebreidelde onwettige sigarethandel: