Kommer oor tienerswangerskappe in SA

Die Suid-Afrikaanse departement vir gesondheid is bekommerd oor die koers waarteen jong meisies swanger raak. Talle van hulle is onder die ma’s wat geboorte geskenk het met die land wat meer as 500 Nuwejaarsbabas verwelkom het. Die woordvoerder van die Oos-Kaapse gesondheidsdepartement, Mkhululi Ndamase, sê die Oos-Kaap het 239 Nuwejaarsbabas en hoewel dit ‘n nasionale probleem is, moet mense besef die liggame van jong meisies is selde volwasse genoeg om swangerskap en geboorte te hanteer.