Boere by Mukwe kan nie ploeg ná weerlig tien beeste doodslaan

‘n Familie van 36 by die Shaditata-nedersetting in die Mukwe-kiesafdeling van die Kavango-Oos-streek kan nie hul lande ploeg nie nadat tien van hul beeste deur weerlig doodgeslaan is. Mukoya Muhora sê hy het aanvanklik gedink die weerlig het ‘n boom getref, maar op agt beeste afgekom wat dood in die kraal gelê het, terwyl nog twee dood onder ‘n nabygeleë boom gevind is. Die familie doen ‘n beroep op barmhartige Samaritane om hulle met osse by te staan om hulle te help om hul lande te ploeg om te oorleef. Muhora sê hul familie is afhanklik van boerdery. Hulle het 12 lande om te ploeg, waarvan tot dusver nog net twee lande geploeg is vir grondbone. Hulle het nog nie mahangu en ander sade geplant nie. Die woordvoerder van die landbouministerie, Jona Musheko, gee raad aan boere vir die reënseisoen.