Kommer oor tekort aan beddens, chirurgiese agterstand by hospitaal

Die DA sê onvoldoende tyd in die teater en ‘n tekort aan beddens in die hoësorg-eenheid by die Charlotte Maxeke Johannesburg Akademiese Hospitaal is die hoofredes waarom 2 677 operasies gekanselleer is. Ontwrigting weens Covid-19 en die gedeeltelike sluiting van die hospitaal ná die brand in April verlede jaar, is ook bydraende faktore. Die DA-lid, Jack Bloom, sê dit beklemtoon die noodsaaklikheid om die hospitaal so gou moontlik ten volle te heropen.