Amerikaanse onder-sekretaris: Wildsmokkelary ‘n wêreldwye krisis

Die Amerikaanse onder-sekretaris vir burgerlike veiligheid, demokrasie en menseregte, Uzra Zeya, het haar besoek in Namibië by die Osire-vlugtelingskamp en die Waterberg Platopark in die Otjozondupa-streek afgesluit. By Waterberg het sy eerstehands ervaar hoe Amerika en Namibië saamwerk om Namibië se natuurlike hulpbronne en bedreigde wild teen onwettige handel te beskerm. Zeya sê onwettige wildhandel is ‘n wêreldwye krisis.