Cope: Lys van dubbel-agente moet gepubliseer word

Cope sê President Cyril Ramaphosa en sy ministers moet die lys van dubbel-agente wat saam met die apartheidsregering gewerk het, publiseer. Cope se nasionale woordvoerder, Dennis Bloem, het die media toegespreek en sê die regering wat die lys spioene wegsteek, sal onbestendigheid en wetteloosheid in die land verhoog. Bloem sê oudpresident Jacob Zuma het gedreig om ‘n lys van al die sogenaamde verraaiers bekend te maak.