Kommer oor Similac babamelk
Die Nasionale Verbruikerskommissie in Suid-Afrika waarsku verbruikers om nie Similac Alimentum 400-gram babamelk te gebruik nie. Die vervaardiger, Abbott Laboratories-Nutrition, se voorsorgmaatreël om dit te onttrek, volg nadat verbruikers gekla het kinders ontwikkel sekere simptome nadat hulle dit gedrink het. Die verbruikerskommissaris, Thezi Mabuza, sê interne toetsing het die teenwoordigheid van Cronobacter- en Salmonella-mikro-organismes in die produk gevind: