Kommer oor SABC-nuus se onafhanklikheid

Berigte sê die SABC se moontlike plan om sy nuusafdeling in Pretoria na die kantore van die Regering se Kommunikasie en Inligtingstelsel in die hoofstad te verskuif, is met weerstand begroet. Volgens media in die buurland is daar vrese oor die beoogde plan want skokgolwe deur die uitsaaier gestuur het, en die SABC ‘n uitbreiding van die regering se kommunikasiekanaal kan maak. ‘n Woordvoerder van die korporasie, Gugu Ntuli, het bevestig alternatiewe kantoorruimte word vir die nuusspan in Pretoria oorweeg, maar sy ontken die skuif na die kommunikasie-gebou is een van die opsies.