Noord-Kaapse onderwysamptenare sat vir slange in die kantoor

Amptenare van die Departement van Onderwys in die Noord-Kaap voer aan hulle werk onder gevaarlike toestande. Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysvakbond berig die kantore is vol slange, skerpioene en spinnekoppe. Malgas Motsabi van Sadtu sê hulle het die kwessie verskeie kere al met die departement bespreek, maar hulle pleidooie vir ‘n veilige werksomgewing het op dooie ore geval: