Kommer oor padveiligheid die vakansie

Die skole het gesluit en die feesseisoen is hier. Families sien nou uit daarna uit om na hul vakansiebestemmings te reis om Kersfees en Nuwejaar saam met hul geliefdes deur te bring. Motorongelukke neem tradisioneel toe gedurende die Desember-vakansie en die Kavango-Oos-goewerneur, Bonifasius Wakudumo, doen ‘n beroep op Namibiërs om veilig te bestuur en nie alkohol te misbruik terwyl hulle bestuur nie.