Fase 2 van Neckartal sal privaatsektor betrek

Lewensvatbaarheidstudies is op die oomblik aan die gang in verband met die optimale gebruik van Neckartaldam. Die dam, die grootste in Namibië hou ongeveer 857 miljoen kubieke meter water en is drie keer groter as Hardap naby Mariental. Die landbouminister Calle Schlettwein sê van die beplande 5 000 hektaar vir fase een van die besproeiingsprojekte, is 3 800 hektaar reeds bekom. Schlettwein sê as gevolg van die ekonomiese onsekerhede sedert die pandemie, het die regering nie meer die fondse om die projek self aan te dryf nie en fase twee sal deur middel van ‘n privaat-openbare gesamentlike projek ontwikkel word. Neckartal is teen ‘n koste van 5,7 miljard Namibiese dollar gebou tussen 2013 en 2019.